Latest News

Jana du Plessis se jongste kankeruitslae

Jana du Plessis se jongste kankeruitslae

Bloem se inspirasievrou, Jana du Plessis, is weer onlangs ‘n groot skrik op die lyf gejaag wat haar gesondheid betref.

Jana du Plessis is ‘n bekende inspirasievrou van Bloemfontein wat al menige male met die groot K geworstel het. Weens kanker moes sy al haar been én haar ongebore baba prysgee. Sy is onder meer ‘n voormalige Mev. Bloemfontein en CANSA se International Hero of Hope vir 2011-2012.

Vroeër die week het Jana dié nuus met haar vriende op Facebook gedeel:

“Ek het weer bloed uitslae terug gekry en my kanker merker is weer verhoog. Ons wag vir datum vir PET scan, want masjien is stukkend. Tot dan bid ons en glo vir goeie uitslae… Time is opportunity to pray! Dankie vir elke gebedjie wat saam my op gaan!!”

Gister het sy egter die goeie nuus bekendgemaak:

“Na ‘n laaang week van toetse en scans en toetse kan ek weereens vanaand sê Aardetyd is Genadetyd. Skoon uitslae!!! Dankie vir almal wat aan my gedink het en gebedjies op gestuur het!! God is good, all the time!”

Jana en haar man, Ian, en twee kinders

Jana en haar man, Ian, en twee kinders

 

Get It Bloemfontein November 2017


View magazine
 

Sing Your Way To LA!

Pre-book your tickets to the smash hit sequel, Pitch Perfect 2 and stand the chance of winning a Contiki trip for you and your bestie!

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.