Get to Know

Jeanré du Preez – van loopplank tot sakeskoonheid

Jeanré du Preez – van loopplank tot sakeskoonheid

Ja, sy het ‘n beeldskone gesig en modellyf. Maar dié blondine het ‘n kop vir besigheid. Jeanré du Preez, eienaar van eModels, is nie ‘n katjie om sonder handskoene aan te durf nie!

Sy beskryf haarself as ‘n adrenalienjunkie, ‘n go-getter en ‘n reusesoetgoedliefhebber. Maar Jeanré dissiplineer haarself om so goed moontlik na haar liggaam, siel en gees om te sien. Dié dat sy so straal en sy jou soos ‘n magneet aantrek.

Jeanré is die eienaar van die gewilde modelskool, eModels, wat takke in Bloemfontein, Kimberley en Somerset-Wes het. Die Bloemfontein-tak het sy reeds as tiener oopgemaak – op 15-jarige ouderdom. Oor die afgelope klompie jare het Jeanré nie net ‘n suksesvolle modelskool op die been gebring nie, maar ook aan die hoof gestaan van talle modeparades, skoonheidsgeleenthede, kompetisies en sommer net voelgoedinisiatiewe vir haar modelle. Sy is ook tans ‘n nalis in die Miss Eco International South Africa-kompetisie.

_2D40955

By haar modelskool is enigiemand welkom. “Jy hoef nie model-mooi te wees om by eModels aan te sluit nie. Daar is
absoluut geen voorskrifte nie. Almal is pragtig.” Maar sy is wel eerlik wanneer sy voel sy moet wees. “As jy kort of oorgewig is, gaan jy waarskynlik nie ‘n loopplankmodel kan word nie. En jy moet daarvan bewus wees. Die modewêreld verander deurgaans. As jy nie vandag die voorkoms het waarna die media soek nie, gaan jy nie gebruik word nie. Punt. Dis hard, maar dis waar! Daar is plek vir almal by eModels, maar nie noodwendig in die bedryf nie.” Dis juis om hierdie rede dat Jeanré van die begin af besluit het om klem te lê op entrepreneurskap en eiehandelsmerkontwikkeling tydens die opleiding van haar modelle. “Jy moet geleenthede vir jouself kan skep. Baie mense sien bekende modelle in tydskrifte en dink ‘Wow, dis so maklik om ‘n model te wees – jy’s net mooi en hoef net op te daag!’ Maar hulle weet nie wat gaan alles agter die skerms aan nie. Dis harde werk – probeer, weer probeer, val, opstaan en wéér probeer.”

Sy bied ook eenmaal per week fiksheidsklasse vir haar modelle aan. Die mansmodelle doen saam met haar CrossFit en met haar damesmodelle doen sy gestruktureerde oefensessies in haar studio. “Ek wil hulle graag leer dat uiterlike skoonheid harde werk verg. ‘n Gesonde, gebalanseerde leefstyl is uiters belangrik. Dan lyk en voel jy op jou beste.”

_2D41058

Sy sê ook dat sy haar modelle nooit iets sal laat doen wat sy nie bereid is om self te doen nie, daarom spring sy self in en oefen hard saam tot aan die einde! ‘n Weeklikse selgroep is ook deel van haar program vir die modelle. “Die liggaam, siel en gees moet gevoed word. Baie van hierdie tieners het so ‘n groot behoefte om oor dinge te praat wat in hul lewe aangaan – dinge waarmee hulle sukkel.

Daar’s min werksomgewings wat ‘n  mens só kan afbreek soos die modelwêreld. Ek wil alles in my vermoë doen om te sorg dat my modelle verwerping kan hanteer.

Ek wil hulle leer om op God te vertrou – net soos ek deur al my lewensbesluite op Sy leiding staatmaak.” Dis ook vir haar belangrik om te sorg dat haar modelle se selfbeeld gesond is. “Daar’s min werksomgewings wat ‘n mens
só kan afbreek soos die modelwêreld. Ek wil alles in my vermoë doen om te sorg dat my modelle verwerping kan hanteer.”

‘n eModels-tak is onlangs in Kimberley geopen en word deur ‘n goeie vriendin van Jeanré, Mandy de Klerk, bestuur.
Nie lank daarna nie is Jeanré Wes-Kaap toe om een van haar groot drome te bewaarheid, om ook daar ‘n eModelstak
te open. Die proses is aan die gang. eModels is reeds in Somerset-Wes geregistreer en sy beplan om self daar aan die stuur te wees. Sy pendel dus tans tussen Bloemfontein en Somerset-Wes. Met Jeandré se skuif na die Kaap is Nadine Barkhuizen in beheer van eModels se Bloemfontein-tak.

_2D41032

Sy vertel dat dit allermins maklik is om haar ‘baba’ aan ‘n nuwe stel hande te oorhandig. “Dis ‘n groot stap! Dis iets
wat ek van die grond af opgebou het. Maar dit is baie gerusstellend om te weet dat ek dit aan vroue oorhandig wat die
modelskool se belange op die hart dra.”

‘n Ander opwindende deel van Jeanré se lewe is dat sy deesdae aan die sy van een van Bloemfontein se hartebrekers,
Diaan Neethling, gesien word! Diaan is ‘n finalis in die Mnr. Suid-Afrika-kompetisie. Dié twee se verhouding is ernstig en daar word selfs al van trou gepraat. Jeanré lyk kompleet soos ‘n verliefde tiener wanneer sy naam genoem word. “Hy’s die wonderlikste mens. ‘n Mens sien die goedhartige dade wat hy daagliks op Facebook plaas omdat hy dit vir die Mnr. Suid-Afrika-kompetisie daar móét opsit. Maar niemand sien hoe baie ekstra goed hy vir welsyn doen nie – in sy eie tyd en sonder om daaroor op sosiale media te spog. Hy het ‘n reuse-hart en hy is ‘n groot inspirasie.”

Maar Jeanré het nie van dag een af op Diaan se flikkers gereageer nie. “Ek het deur ‘n emosionele tyd gegaan toe ek en my vorige kêrel uitmekaar is. Ek het vir Diaan gesê ek stel nie belang in ‘n verhouding nie; ek is nog nie op ‘n goeie plek nie. Maar hy het aangehou totdat ek later ingestem het om met hom uit te gaan… en die res is  geskiedenis!”

Jeanré en Diaan vorm ‘n hegte span. Hulle het selfs onlangs saam aan ‘n ksheidskompetisie deelgeneem waar hulle met die eerste prys weggestap het in die paartjie-afdeling. “Ek het aan die kompetisie deelgeneem omdat ek aan myself wou bewys dat ek dit kán doen. Hy het slegs deelgeneem om my te ondersteun. Dit was die moeilikste projek wat ek nog ooit aangepak het!”

Die twee pak gereeld saam-saam projekte aan waar hulle uitreik na minderbevoorregtes. “Ek probeer oral waar ek kom mense opvoed oor sakebesluite. Ja, jy kan vir iemand ‘n kombers en kos gee, maar om kennis en hulpbronne met hulle te deel werp op die lang duur meer vrugte af.” As voorbeeld vertel Jeanré hoe sy onlangs met ‘n arm man gesels het wat die mooiste beeldjies met sy hande maak. Sy het hom bygestaan met basiese sakebesluite, hoe om die beeldjies te verkoop en ‘n klein inkomste daaruit te genereer.

Die toekoms is baie helder vir Jeanré. Sy beplan reeds aan haar eerste oefenklerereeks, berei haar voor vir die Miss Eco International South Africakompetisie en oefen ook hard vir die volgende ksheidskompetisie wat om die draai lê. Daarbenewens ondersoek sy geleenthede om binnekort nóg eModels-takke in die Kaap oop te maak. Sy wil ook haar graad in LL.B. voltooi. Jeanré is vir seker ‘n bondel dinamiek om dop te hou!

Foto’s: Loren Battersby

Grimering: Ronel le Roux (084 778 2222)

 

Get it Bloemfontein December 2017


View magazine
 

Sing Your Way To LA!

Pre-book your tickets to the smash hit sequel, Pitch Perfect 2 and stand the chance of winning a Contiki trip for you and your bestie!

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.