Décor & Gardening

Só maak jy die meeste van ‘n klein tuin

Só maak jy die meeste van ‘n klein tuin

Jy wil graag ‘n lie ike tuin hê waar jy ure kan ontspan, maar die probleem is jy het nie genoeg plek nie! Hoe nou gemaak? Risna Opperman, eienaar van Urth Garden Centre, vertel hoe jy pragtig kan tuinmaak met die minimum ruimte tot jou beskikking.

Die grootste uitdaging in meenthuiskomplekse is privaatheid, want in baie gevalle is daar bure aan alle kante.  Hoewel ‘n mens graag vriende met jou bure maak, wil jy nie noodwendig jou vriende op ‘n daaglikse basis sien nie! Jou eie tuin moet nou voorsiening maak vir die skadu-beplanning van die bure plus die wortelgroei van wat ook al langsaan aangeplant is.

Die keuse van plante in plantbakke, planthouers en op stellasies word beïnvloed deur die hoeveelheid son en skaduwee in die tuin. Vandaar die belangrikheid van boomkeuses. Die tweede ding om in gedagte te hou vir houer-tuine of stellasies, is altyd dreinering. Alle plante moet ‘n vorm van dreinering hê.

Pragtige struikkeuses vir skaduryke tuintjies is Azaleas, Gardenias, Kamelias, Philidendrons (dwergsoorte), Zantedeschia (varkore), Aucuba en Aspidistras. Vir pothouers wat kleur bring, is min saailinge beter as Begonias en Impatients.

‘n Gestruktureerde ontwerp vertoon meesal beter in kleiner tuine as ‘n té informele ontwerp. Buxus, Westringia, Abelia en ander plante wat maklik snoei, vertoon pragtig in ‘n klein tuin.

Purple pansy flowers in blue and red pots on a balcony table, copy space, background

Tafeltuine

Die lekkerste tuinmaakplan is egter tafeltuine! Veral omdat die tafel geskuif kan word soos wat die seisoen vereis. ‘n
Tafeltuin moet egter met dieselfde oorleg beplan word as die res van die tuin. Anders kan dit gou soos ‘n negosiekis
lyk. Die eerste oorweging is weer eens dreinering. Moenie ‘n swembad bou nie; slegs waterplante kan sonder dreinering oorleef.

Beplan jou tafeltuin met oorleg. Groepeer dieselfde soorte plante of dieselfde kleure bymekaar. Let ook daarop dat
die plante dieselfde waterbehoeftes het. Dis nie sinvol om kaktusse en kruie saam op die tafel te sit nie. Sit groter plante agter en kleineres voor. Oorweeg om ‘n feetjietuin binne in die tafel te bou! Skep hoogte en diepte deur party plante te lig. Goeie keuses vir tafels is kaktusse. Kruie vertoon ook baie goed so saam gegroepeer, met dalk ‘n roos in ‘n pot in die hoek(e). En moenie vergeet van ‘n lekker groentetuintjie nie. Kies die soorte wat nie diep wortelstelsels het nie: Uie, spinasie, wortels, kleiner pampoentjies, beet, paprika, en so aan. Nie net sal dit vrolik vertoon nie, dis 100% in pas met die nuutste neigings.

small cactus plant and put in wooden tray

Die tafel moet gereeld gediens en netjies gehou word, want ou blare kan maklik tussen die potte vasgevang raak en lyk gou onnet. En as ‘n potjie nie meer mooi vertoon nie, vervang dit met ‘n ander een – hou dus sommer ‘n paar ekstras onder die tafel. Jy kan ook jou klein tuingereedskap aan die tafel hang! En hou jou gieter byderhand.

Belê gerus in mooi gereedskap, want dit vorm deel van die aantreklikheid van jou tuintafel. Só ‘n tafel kan ure se vreugde verskaf en is ‘n perfekte teenvoeter vir die boomwortels wat van langsaan af inbreuk maak op jou tuin.

surefire_red_0

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.