Lifestyle

Verken Namibië in sewe dae

Verken Namibië in sewe dae

Die naam Namibië is afkomstig van die Nama-woord wat beteken “groot plek van niks”. Ná ‘n onlangse besoek aan hierdie land, skryf Maricelle Botha dat sy met alle eerlikheid kan sê dit is ‘n wanbenaming.

Namibië is werklik ‘n reisigersparadys met veelsydige natuurtonele, mense en geskiedenis. Wat dit boonop die ideale bestemming vir Suid-Afrikaners maak, is dat jy die land met jou eie voertuig kan besoek, of ‘n twee-en-‘n-halfuur-lange vlug van Johannesburg af tot in Walvisbaai of Windhoek kan neem. Behalwe vir die koste-effektiwiteit hiervan, het jy ook nie die kopseer van die wisselkoers nie. Hier is elke Rand ‘n Rand werd, terwyl jy ook met die ‘Madirand’ (Madiba-Rand) kan handel dryf.

Hoe Maricelle se sewe dag-reisprogram in die Nam daar uitsien:

Dag 1

Vlieg tot in Walvisbaai. Kry vir jou ‘n  huurmotor of reël ‘n toergids soos Impala Toere om jou op die lughawe te kry.
Die kusgedeelte tussen Walvisbaai en Swakopmund is pragtig. Ek beveel aan dat jy vir twee aande in Swakopmund bly (die Strand Hotel is pure luukse bederf) en van hier af die omgewing verken. Talle geboue in Swakopmund is op Duitse argitektuur geskoei, wat ‘n stappie deur die dorp en sy tradisionele Duitse bier by Swakopmund Brauhaus beslis die moeite werd maak.

Dag 2

Sorg dat jy vroegoggend by Walvisbaai se hawe ‘n draai maak. Sodoende sal jy die stad se pienk flaminke in die strandmeer sien rondgrawe vir iets om te eet en betyds wees vir ‘n oggendverkenning van die baai. Mola Mola, een van vele toeroperateurs, neem besoekers per boot deur die baai, na onder meer die ruie robkolonie op Pelican Point, die hordes oesterplase wat tussen dromme in die hawe dobber en die vriendelike inwonende dolfyne. Veral die oesterplase en die oesterkweek-proses is besonder interessant – natuurlik kry jy ook die kans om hierdie wêreldbekende delikatesse te proe.

Min dinge in Namibië is so mooi soos ‘n sonsondergang tussen die duine. Bespreek dus ‘n laatmiddagvierwielmotor
etstoer deur die duine by Dare Devil Adventures.

Dag 3

Vertrek lekker vroeg na Sossusvlei. Mense van regoor die wêreld kom elke jaar na Namibië om na hierdie asemrowende rooi duine te kom kyk. Sossusvlei is in die Namib-Naukluft-Nasionale Park geleë. Die beste tyd
om hierdie omgewing in sy absolute skoonheid te ervaar, is met sonsopkoms en sonsondergang. Heel onder in die
reservaat sal jy ‘n piekniekarea, wat ook die ingang na die bekende witkleipan, Dooievlei, asook van die wêreld se
hoogste duine, naamlik Big Daddy, wat sowat 325m hoog is, en Big Mamma, so effens kleiner, vind.

Sowat ‘n uur van Sossusvlei is The Desert Homestead Outpost, ‘n luukse tentkamp wat tussen die rotsagtige koppies geskep is. Hier is dit salig. Tjoepstil, met ‘n sterrehemel wat die dorre woestyn snags ophelder.

Dag 4

Ná ontbyt in The Desert Homestead Outpost se moderne eetsaal, is dit weer tyd om aanstaltes te maak. Jy neem nou
die skilderagtige D707-roete suid in die rigting van Aus. Aus is ‘n klein dorpie in die Karas-streek en was voorheen ‘n
konsentrasiekamp. Net buite Aus kry jy Klein-Aus Vista, ‘n lodge wat tussen die Aus-berge geleë is. Die lodge is bekend vir sy uitgebreide en pragtige uitsig, sy pragtige berg ets- of staproetes, ‘n uitkykpunt bo die kampterrein en boonop sy afgesonderde Eagle’s Nest Chalets. Dit is sentraal geleë en jy kan maklik die hele gebied van hier af verken. Wes van Klein-Aus Vista, in die geharde Namib-woestyn by Garub-pan, kry jy die Namib se wildeperde. Die beste tyd om na hierdie trop van sowat 150 perde te gaan kyk, is laatmiddag as hulle by Garub-stasie se boorgat bymekaar kom om te drink.

Dag 5

Nou is dit weer tyd om terug na die kus te reis, in die rigting van Lüderitz. Net voordat jy Lüderitz aan jou regterkant kry, lê die verlate spookdorp, Kolmanskop. Kolmanskop was ‘n weelderige dorp wat in die bloeitydperk van die diamantera ontstaan het. Ná die Eerste Wêreldoorlog was die ryk diamantvelde redelik uitgeput en is die dorp in 1954 uiteindelik verlate gelaat. Vandag lê die roem en rykdom van dié era in woestynsand vasgevang. Dit is ‘n besonderse ervaring om hier deur die sandgevulde huis te loop en vir ‘n oomblik in die geskiedenis terug te tree.

Dan is dit tyd vir middagete in Lüderitz. Lüderitz is ‘n ware kusdorp waar vissery een van die dorp se grootste bedrywe is. Die prominente Felsenkirche, ‘n Evangelies-Lutherse kerk, toring van Diamantheuwel af oor die dorp uit. Die Lüderitz Speed Challenge is ‘n jaarlikse spoed-vlieërbranderplankry-kompetisie, wat sedert 2007 in Lüderitz gehou word. Dit maak Lüderitz natuurlik die ideale plek vir vlieërbranderplankry. Ná middagete is dit tyd om die pad na die Visrivier-canyon aan te pak en te reis na die volgende bestemming, Fish River Canyon Village.

Dag 6

Die personeel by die Fish River Canyon Village is ongelooflik vriendelik en of jy in die village bly, wat uit ‘n laer kliphuisies bestaan, of in die meer gesogte plaashuisies van die lodge, jy sal in die toekoms  weer wil terugkom. Indien jy besluit om vroegoggend reeds na die Visrivier-canyon te vertrek, wat sowat 20km van die lodge is, vra gerus vir die bestuurder of sy vir jou ontbyt by die Canyon Roadhouse kan reël. Die Visrivier-canyon is die grootste
canyon in Afrika en naas Amerika se Grand Canyon, die tweede grootste in die wêreld. Vanaf die Hobas-ingang van
die Richtersveld-oorgrenspark het jy ‘n asemrowende panoramiese uitsig oor die canyon.

Daarna is dit tyd vir ‘n heilsame ontbyt by die eksentrieke Canyon Roadhouse terwyl jy jou verkyk aan die verskeidenheid klassieke voertuie en vervoer-paraphernalia. Nou is dit tyd om die pad van hier af in die rigting van Keetmanshoop, net noord van die dorp, te vat. ‘n Bordjie sal jou lei na Namibië se bekende Kokerboomwoud, asook die Speelgrond van die Reuse (Giants’ Playground). ‘n Besoek hier is beslis die moeite werd.

Ry hierná na Mariental. Teen dié tyd behoort jy al lekker moeg te wees en daar is nie ‘n beter plek om weer die energie te herlaai soos die pragtige Kalahari Anib Lodge in die middel van die Kalahariwoestyn nie. Hierdie lodge is ontwerp om deel van die omgewing te word en die natuurelemente word oral in die lodge se dekor opgemerk. Die rooigrond hier het ‘n ‘lewe’ van sy eie, met amper ‘n hipnotiserende effek op ‘n mens.

Dag 7

Die einde van die reis begin nou ‘n realiteit word. Dit is jou laaste dag, dus moet jy die beste daarvan maak voordat jy vroeg môreoggend van Windhoek af terugvlieg na Suid-Afrika. Een van die dorpies waardeur jy op pad na Windhoek ry, is Rehoboth. Dié dorp het ‘n ryke geskiedenis en by die Shell-vulstasie is daar ‘n permanente uitstalling waar jy ‘n
bietjie meer oor die dorp en sy inwoners kan lees. Van hier is dit sowat 90km tot in Windhoek.

Siende dat Windhoek die hoofstad van Namibië is, is dit heelwat besiger as die land se ander stede. Probeer dus
‘n georganiseerde stadstoer meemaak. Daar is ongelooflike museums en geboue soos die Helde-akker (buite die dorp), die Alte Feste, Schwerinsburg-kasteel en die Christuskirche. Besoek Namibia Crafts Centre in Windhoek vir daardie laaste geskenkies.

Gaan proe van Brewer & Butcher se eie bier.

Gaan proe van Brewer & Butcher se eie bier.

Een van Pelican Point-robkolonie se robbe pronk pragtig in die water vir toeriste.

Een van Pelican Point-robkolonie se robbe pronk pragtig in die water vir toeriste.

The Desert Homestead Outpost – ‘n luukse tentkamp wat jou asem sal wegslaan.

The Desert Homestead Outpost – ‘n luukse tentkamp wat jou asem sal wegslaan.

Maricelle by die magiese Speelgrond van die Reuse.

Maricelle by die magiese Speelgrond van die Reuse.

Die pragtige Kalahari Anib Lodge in die middel van Namibië se Kalahari-woestyn.

Die pragtige Kalahari Anib Lodge in die middel van Namibië se Kalahari-woestyn.

Een van die Namib se wildeperde.

Een van die Namib se wildeperde.

Sossusvlei se bloedrooi duine.

Sossusvlei se bloedrooi duine.

Die pelikane van Walvisbaai het almal ‘n pienk skynsel wat veroorsaak word deur die plankton wat deur die visse geeet word en die visse wat dan deur die pelikane geeet word.

Die pelikane van Walvisbaai het almal ‘n pienk skynsel wat veroorsaak word deur die plankton wat deur die visse geeet word en die visse wat dan deur die pelikane geeet word.

Een van die talle verlate herehuise in Kolmanskop.

Een van die talle verlate herehuise in Kolmanskop.

Een van Walvisbaai se pelikane.

Een van Walvisbaai se pelikane.

Die Visrivier-canyon.

Die Visrivier-canyon.

Die robkolonie op Pelican Point.

Die robkolonie op Pelican Point.

Keetmanshoop se Kokerboomwoud.

Keetmanshoop se Kokerboomwoud.

Speelgrond van die Reuse.

Speelgrond van die Reuse.

Garub-stasie by Garub-pan.

Garub-stasie by Garub-pan.

Die mooiste gesig verwelkom jou vroegoggend in Sossusvlei.

Die mooiste gesig verwelkom jou vroegoggend in Sossusvlei.

Handige kontakbesonderhede:

• Strand Hotel: Martin.Wiemers@ol.na, www.strandhotelswakopmund.com
• Namib Naukluft: barbaras@afex.com.na, www.namib-naukluft-lodge.com
• Desert Homestead: claudia.stueber@ondili.com, www.deserthomesteadlodge.com
• Klein Aus Vista/Canyon Village/Kalahari Anib Lodge: Gondwana Collection Namibia, prmarketing@gondwana-collection.com, www.gondwana-collection.com
• Safari Hotels: marketing@safarihotelsnamibia.com, www.safarihotelsnamibia.com
• Mola Mola Tours: info@mola-namibia.com, www.mola-namibia.com
• Dare Devil Adventures: daredev@iway.na, daredeviladventures.com
• Impala Tours: www.impalatours.com

Vir meer inligting besoek www.namibiatourism.com.na.

 

Get it Bloemfontein December 2017


View magazine
 

Sing Your Way To LA!

Pre-book your tickets to the smash hit sequel, Pitch Perfect 2 and stand the chance of winning a Contiki trip for you and your bestie!

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.