Entertainment

Hier’s ‘n voorsmakie van die Afrikaanse aksiefliek, Jagveld

Hier’s ‘n voorsmakie van die Afrikaanse aksiefliek, Jagveld

Dié Afrikaanse aksie/spanning uit die pen van Deon Meyer sal jou op die punt van jou stoel laat sit…

Ons kan nie wag om hierdie fliek in Maart vanjaar op die silwerdoek te sien nie!

14563537_662026527306783_2131157350123420921_n

 

Die plot verloop as volg:

Emma le Roux is op pad huis toe — die familieplaas in die Groot Karoo. Mooi, sagte Emma, die pasifis en laerskool-onderwyseres. Sy het hierdie roete al ’n duisend keer gery, sonder voorval.

Maar nie vandag nie.

Want haar paaie gaan kruis met Bosman en Baz en Jay. En Boela en AJ en Piet.

Bosman is die baasbrein van die dwelmsindikaat. Hy is ’n psigopaat. Meedoënloos en geweldadig. Baz en Jay is sy meelopers, moordenaars, monsters. AJ en Boela, die rykmansseuns wat hoop om geloofwaardigheid en vinnige geld in dié wêreld te maak. En Piet, die bangbroek, die swakkeling wat alles en enigiets vir sy neef Bosman sal doen.

Emma sien hoe dié ses ’n polisieman skiet. En hulle sien vir haar.

Nou jag hulle haar soos ’n dier in die Groot Karoo. Sy’s mos maklike prooi. Dis gou-gou klaar.

Die probleem is, Emma is Jacques le Roux se kind. En Jacques le Roux was ‘n Recce.

Dié jagtog wil nie volgens plan verloop nie. Dit ontrafel. Vinnig. Wat hulle dryf  is nie meer haat of wraak nie: Nou is dit oorlewing.

Kyk na die verkorte lokprent hier:

 

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.