Entertainment

BloemFunTown is uiteindelik hier!

BloemFunTown is uiteindelik hier!

Bloemfontein loop oor van talent, maar min het die geleentheid om dit werklik groot te maak in die musiekindustrie.

So daarom… BloemFunTown!

BloemFunTown is ‘n webtuiste wat plaaslike musiek en kunstenaars bekendstel. Die span agter dié inisiatief het ‘n groot passie vir musiek en die bevordering van die kunste.

“Die geleenthede vir opkomende kunstenaars in Bloemfontein is beperk omdat hulle nie juis oor ‘n ondersteunende platform beskik nie. Ons het ‘n beweging op die web begin waar ons opkomende musikante ondersteun en bemark.”

Op hierdie platform word die musikante se jongste nuus en optreedatums in en om Bloemfontein gedeel. Daar word ook gereeld oor bekende musikante op die webblad geskryf, soos Dan Patlansky, Francois van Coke, Adam, Chris Chameleon, Spoegwolf, ens.

Maak seker jy kuier gereeld op hul webblad: www.bloemfuntown.co.za.

 

 

Sing Your Way To LA!

Pre-book your tickets to the smash hit sequel, Pitch Perfect 2 and stand the chance of winning a Contiki trip for you and your bestie!

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.