Competitions

WEN ‘n winter-wittebroodnaweek in Franschhoek!

WEN ‘n winter-wittebroodnaweek in Franschhoek!

Ons is gaande oor die idee van ‘n sielsverruklike wittebrood met groen natuurskoon, vars druiwe en goeie wyn. Maak dit julle realiteit by die lieflike La Petite Ferme knus duskant die Kaap.

Sommige paartjies sal ‘n adrenalien-belaaide wittebrood, ander ‘n seevakansie en sommiges selfs ‘n romantiese reis na ‘n ander land. Vir dié wat ‘n wittebrood omring deur die land se mooiste wynlandgoed kies, wag ‘n onvergeetlike ervaring.

By Franschhoek is ‘n toevlugsoord wat min aan die verbeelding oorlaat, omdat elke element besoekers wildste verwagtinge oortref. La Petite Ferme lê intiem tussen berghange wat oor die Franschhoekvallei uitkyk. Hulle nooi jou om die landgoed jou tuiste te maak as pasgetroude paar in een van die elegante wingerd-suites of herehuis, wat met jou privaatheid in gedagte intwerp is en die plaas se panoramiese uitsigte die beste benut.

Die bonus van hierdie wittebroodbestemming, is dat dit perfek is vir ‘n wintervakansie, vir dié wat besluit om in die kouer maande die knoop deur te haak. Dink kaggel, rooiwyn en musiek… en natuurlik jou wederhelf. La Petite Ferme bied juis fantastiese winterpakette vanaf 1 Mei tot 30 September.  As jy vir vier nagte tussen Sondag en Donderdag by dié rojale toevlugsoord bespreek, kry jy nie net 25 % afslag per nag, plus ontbyt en middagete daagliks nie, maar ook ’n komplimentêre, alles-insluitende voldag wynland-toer.

Hierdie splinternuwe luukse toer is die ideale manier om die streek te ontdek en neem jou na die bekendste attraksies in die wynlande se historiesste dorpies: Stellenbosch, Paarl en ook Franschhoek. Jou winter sien-proe-en-geniet sluit besoeke in aan die Waterford Landgoed en Delheim; Nelson Mandela se voormalige tronk en Mont Rochelle – die trots van Sir Richard Branson besit. Of ontspan oor Vrydag en Saterdag in weelde by La Petite Ferme en ontvang ’n daaglikse komplimentêre ontbyt en middagete.

Terwyl jy in die vallei kuier, gebruik die geleentheid om jou wynkennis te verskerp tydends twee ander ekslusiewe La Petite Ferme chaffeur-toere – hierdie keer gevul met die passies en plesiere van Franschhoek se gewildste wynlandgoedere.

Opsie Een: slaan koers in na Lynx Wyne en Rickety Bridge, voordat julle na La Petite Ferme terugkeer vir ‘n luilekker middagete. Jul wyntoer rits dan verder na Grande Provence, voor julle die middag op ‘n hoë noot by Mont Rochelle afsluit.

Opsie Twee sluit in kuiers by Dieu Donné, Rickety Bridge, Grande Provence en Mont Rochelle, voor julle na La Petite Ferme terugkeer vir ‘n welverdiende blaaskans. ‘n Minimum van twee persone word per toer benodig en daar word ‘n uur by elke landgoed verwyl.

La Petite Ferme se glans a la carte restaurant is ewe bekend vir sy kos as sy ongelooflike boom-omraamde, panoramiese uitsigte. Dié eetplek bedien kreatiewe kos met ’n globale kinkel, wat jou hart sal verwarm, saam met La Petite Ferme se kampioen-wyne en die beste uitsigte in die Franschhoekvallei.

Vir meer inligting of besprekings, stuur ’n e-pos na reception@lapetiteferme.co.za of bel 021 876 3016. Bespreek ook aanlyn vir die wegbreek, by www.lapetiteferme.co.za.

WEN ‘n naweek winter-wittebrood by La Petite Ferme!

Een gelukkige paartjie kan twee nagte by La Petite Ferme wen! Die prys sluit ‘n heerlike ontbyt en middagete in en is ter waarde van R10 000. Let wel: Die prys moet in die wintermaande gebruik word (Mei tot September, 2017 of 2018).

Om in te skyrf, vul jou besonderhede hieronder in:

 

 

 

Get It Bloemfontein September 2017


View magazine

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.