Latest News

Gewilde sanger van Bloem slaag meesters in sielkunde met lof!

Gewilde sanger van Bloem slaag meesters in sielkunde met lof!

Sy aanhangers is gewoond daaraan om hom op die verhoog te sien terwyl hy sy hart uitsing, maar Dewald Louw het pas bewys dat hy ‘n man van vele talente is deur sy meestersgraad in voorligtingsielkunde met lof aan die Unversiteit van die Vrystaat (UV) te behaal, berig Bloemfontein Courant.

Mense sal dié bekende Bloemfonteiner onthou as die eerste wenner van die Afrikaanse Idols in 2006. Na agt jaar waarin hy slegs musiekoptredes gedoen het, hy besluit om ook van sy ander belangsteling na te volg.
“Ek het nog altyd ‘n passie gehad vir selfontwikkeling en hoe elkeen van ons die beste weergawe van onsself kan wees,” sê Louw.

Hy het in 2014 sy honneursgraad in sielkunde voltooi, en daarna sy meestersgraad en internskap as sielkundige by die UV gedoen. Een van die hoogtepunte vir hom was om navorsing oor Freddie Mercury te kon doen. In die psigobiografie het hy Erik Erikson se psigososiale teorie gebruik om Mercury se persoonlikheidsontwikkeling te ondersoek.

“Ek het dit vreeslik geniet om die musiekwêreld en die sielkunde te kon kombineer.”
Om as sielkundige in Suid-Afrika te kan registreer, moet jy ‘n meestergraad hê. Dit behels ‘n jaar van heeltydse klasse, wat hy in 2015 gedoen het, ‘n navorsingstuk, asook ‘n heeltydse internskap, wat hy in 2016 by die UV voltooi het.

“Sielkunde is ‘n wye veld, maar my fokus is tans op psigoterapie en sielkundige assessering.”
‘n Meestersgraad in toegepaste sielkunde is ‘n heeltydse kursus, en anders as ander meestersgrade, bestaan die kursus nie net uit navorsing nie, maar ook uit ‘n jaar van klasse en werksessies. Dit het daartoe gelei dat Louw die laaste paar jaar slegs op sy studies gefokus het.

“Natuurlik moes ek my sangloopbaan en ander bedrywighede eers opsy skuif. Ek het vinnig geleer dat mens eerder op een ding moet fokus en dit behoorlik doen. Dit was nie altyd maklik nie, maar dit is die opoffering wat ek moes maak om my doelwitte te bereik.”

Hy erken dat hy baie verbaas was om te verneem dat hy sy meestersgraad met lof geslaag het. “Ek was altyd ‘n gemiddelde leerder op skool. Maar ek glo mens doen beter in velde waarin jy jou natuurlik talente en belangstellings kan uitleef. Ek het my eerste graad in kommunikasie met lof geslaag, maar het nie gedink dit sal moontlik wees met sielkunde op meestersvlak nie. Dit is wel lekker om erkenning te kry vir jou harde werk,” bieg Dewald.
Hoewel hy reeds sy finale uitslae gekry het, word sy graad eers in Junie by die amptelike gradeplegtigheid van die UV aan hom toegeken.

Dewald gaan nie dadelik sy doktorsgraadstudie aanpak nie. “Dit gaan verseker in die nabye toekoms gebeur, maar wanneer weet ek nog nie!”

Dewald se meisie, Nicole van Niekerk, is ook die afgelope paar maande in die kollig omdat sy in die top 8 geland het in die Mej. Suid-Afrika kompetisie. Lees Get It se vorige berigte oor dié twee liefdesduifies hier en hier.

Dewald en Nicole

Bloemfontein Courant

 

Foto’s: Kobus Robbertze

 

Get It Bloemfontein November 2017


View magazine
 

Sing Your Way To LA!

Pre-book your tickets to the smash hit sequel, Pitch Perfect 2 and stand the chance of winning a Contiki trip for you and your bestie!

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.