Competitions

WEN Riana Nel en Jak de Priester se nuutste albums!

WEN Riana Nel en Jak de Priester se nuutste albums!

Kan jy glo dis al 15 jaar sedert Jak de Priester sy debuut gemaak het met die gewilde treffer “Sally Williams Nougat”? Sedertien het hy 8 oorspronklike studio albums vrygestel, 1 kinder CD en DVD, 2 boeke, verskeie televisie temaliedjies geskryf en gesing het, en is die aanbieder van die gewilde televisiereeks “Reis na Gister”. Om 15 jaar in die musiekwêreld te oorleef is `n hoogtepunt op sy eie en hy vier dit met `n nuwe album getiteld “Vyftien”. Dit sluit in 15 splinternuwe liedjies uit sy pen oor die wel en weë van `n kunstenaar in Suid-Afrika, insluitend  “Vriendskap se water”, “Boervrou”, “Afrikaans my taal” en “Drakensberge liefde”.

 

 

Riana Nel se derde Afrikaanse album, “Jy sal weet” wat laat in 2016 bekendgestel is, verstom weereens met meesleurende melodieë en betekenisvolle lirieke wat beslis menige hartsnare gaan roer. Dit volg kort op die ongekende sukses van haar vorige Afrikaanse albums, “Die Moeite Werd”, waarmee sy in 2011 die mark betree het en “Die Regte Tyd” wat in 2015 as die topverkoper album van die jaar by die gesogte SAMA-toekennings aangewys is. Sy het egter reeds vanaf ‘n baie jong ouderdom met haar Gospel albums, “Oopmond”, “The Cure” en “Someone with skin” binne die internasionale mark bekendheid verwerf. (Via afrmusieknuus)

 

Om ‘n kans te staan om albei hierdie albums te wen, vul jou besonderhede hieronder in:

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.