Food

Steek die vuur aan! Heerlike filet- en broodresep

Steek die vuur aan! Heerlike filet- en broodresep

Wat is dan nou lekkerder as ‘n braai saam met familie en vriende? Pak die hout en kry die braaitange gereed. Thelma Tabane en Beauty Letebele van Leopards & Lace wys ons hoe om ‘n heerlike braaimaaltyd voor te berei.

Gebraaide beesfilet

Sny een heel filet oop en vul met:
• Groenrissie
• Knoffel
• Sampioene
• Sout en peper

Smeer filet met olyfolie en geur met speserye na smaak. Draai die filet nou vas met repies spek en bind vas met
tou of steek met tandestokkies vas. Braai oor matige kole tot perfeksie. Berei ‘n basiese witsous voor. (Geur mildelik
met swartpeper en witwyn). Voeg sampioene by en bedien bo-oor gesnyde filetskywe.

Wenke vir ‘n lekker sappige filet-steak

1. Braai die filet altyd in ‘n riffelpan op gas, of direk op die rooster oor die kole.

2. Mosterd proe heerlik saam met filet. Smeer die heel filet met ‘n goeie mosterd en laat staan vir minstens 3 uur
voordat jy dit braai.

3. Dit werk goed om die filet vlugtig aan elke kant op hoë hitte te braai (3-4 minute aan elke kant) en dan in die oond te laat rus vir 5 tot 7 minute. Sag en heerlik!

4. Maak ‘n carpet bagger van ‘n filet-steak deur dit te stop met mossels, sampioene en fyngekapte grasuie.

5. Braai die heel filet op ‘n vuurwarm riffelpan, en laat dit dan binne-in ‘n lekker sousie lê (bloukaas-sous is heerlik
hiervoor) in ‘n glasbak in die lou oond. Hmmm!

Beauty se plaasbrood

Jy het nodig:
• 8 kop koekmeel
• 5 g kitsgis
• 15 ml suiker
• 14 ml sout
• 1 eetl botter
• 2 eiers
• 1 kop melk
• 4 kop louwarm water

Meng die meel, gis, suiker en sout saam. Vryf nou die botter met jou vingerpunte in die meelmengsel in. Klits die eiers saam met die melk en voeg die louwarm water by. Voeg by die meelmengsel en knie dit goed deur. Sit deeg in pan(ne) en laat staan om te rys. Wanneer dit uitgerys is, bak in die oond by 180°C vir ongeveer 30 minute tot gaar. Verf die brood met gesmelte botter sodra dit uit die oond kom. Laat dit vir ‘n rukkie afkoel, sny en geniet!

Thelma Tabane en Beauty Letebele

Foto’s: Willem Janse van Vuuren. Ligging: Leopards & Lace (079 499 1464)

 

Get it Bloemfontein December 2017


View magazine
 

Sing Your Way To LA!

Pre-book your tickets to the smash hit sequel, Pitch Perfect 2 and stand the chance of winning a Contiki trip for you and your bestie!

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.