Fashion

Modeblad: Kry jou perfekte aandrok

Modeblad: Kry jou perfekte aandrok

Ons verstaan dit al te goed – elke vrou wil af en toe soos ‘n prinses voel. Ons het vier van Bloem se topmode-ontwerpers genader om vir ons ‘n smakie te gee van hierdie jaar se neigings vir aanddrag Matriekafskeidrok – uitgesort!

DIE BALROK

Vir ‘n wyle was hierdie snit effe ou nuus, maar dit is terug met mening! Neem ‘n bietjie van die lengte weg om die
klassieke balrok-snit ‘n bietjie meer byderwets te maak. Dit dra by tot ‘n speelse, dog elegante voorkoms. Hierdie
rok is van Baptiste, deur Stanley Baptiste.

 

Swart en klassiek

‘n Mens kan nooit-ooit verkeerd gaan met hierdie snit en kleur nie. Swart sal altyd klassiek bly vir ‘n aandrok, en die noupassende snit met die sleep sorg vir ou-wêreldse elegansie en ‘n tikkie drama. Hierdie rok is van Gerhardt Shebe Creations, deur Gerhardt Shebe.

 

‘n Feëverhaal

Ons keer terug na die feëtjie-voorkoms met rokke wat vanaf die hoogste deel van die middel uitskop en byna oortollige deurskynende chiffonlae het. Sagte pastelkleure saam met hierdie voorkoms is pragtig. Hierdie rok is van Orijinel, deur Elmerane van Ryneveld.

 

BLOMMELAND

Sagte blommotiewe is nog lank nie ou nuus nie. So ‘n rok beloof om al die aandag in ‘n vertrek te trek. Dis ‘n neiging
wat hoofsaaklik van die 80’s kom, en ons is steeds mal daaroor. Hierdie rok is van EL Heathchote Designer Wear,
deur Elizmarie Heathcote.

 

Orijinel by Elmerane van Ryneveld (082 440 5177)

EL Heathcote Designer Wear (083 447 7726)

Gerhardt Shebe Creations (081 767 3832)

Stanley Baptiste (082 059 6535)

Modelle: Lurize Nortje (ACE models) en Clarise Eke (E-models)

Organisering en grimering: Karlé Make-up Artistry (072 768 8755)

Hare: Liezl van Blommestein Hair Studio (082 782 3383)

Juwele: Angels Boutique (051 436 2446)

Ligging: Altissimo Gastehuis (051 436 1268)

Foto’s: Willem Janse van Vuuren

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.