Beauty

PROMOSIE: Derma Puur se skoonheidsghoeroe gesels oor velsorg

PROMOSIE: Derma Puur se skoonheidsghoeroe gesels oor velsorg

As daar iemand is wat die geheime van velsorg verstaan, is dit ons plaaslike skoonheidsghoeroe, Ilza Lamberchts.

As bestuurder van verskeie bekende velsorgname regoor die land vir die afgelope byna vier dekades, is Ilza, bestuurder van Derma-Puur, passievol oor goeie, effektiewe velsorgmetodes. Sy gesels met Get It oor haar ervaring
van oor die jare: “Toe ek in die skoonheidsbedryf begin het, was die konsep van velsorg eintlik vreemd. Baie min mense het die belangrikheid daarvan begryp.” Vandag, sê Ilza, is dinge anders. In die laaste 20 jaar het mense meer bewus geraak van die belangrikheid van velsorg en is dit sigbaar by vroue wat vir jare lank al na hul vel omgesien het, teenoor dié wat dit nagelaat het.

“As ons kyk na die laaste tien jaar, is dit duidelik hoe tegnologie in velsorg ontwikkel en verbeter het. Met die regte produkte word die vel letterlik van binne af gesond gemaak deur middel van antioksidante wat deur die vel geabsorbeer word. Gevolglik gebruik ‘n mens minder produkte en die resultate is fantasties,” verduidelik Ilza.

So, wat is Ilza se aanbeveling wanneer dit kom by velsorg? “Ek gebruik Derma-Puur en sal dit vir enigiemand aanbeveel. Dit maak van die nuutste tegnologie gebruik. Slegs twee produkte vervang die hele basiese velsorgreeks. ‘n Gesigwasmiddel wat die werk doen van ‘n grimeerverwyderaar, seep en saamtrekmiddel en ‘n room wat ‘n dag- en nagroom is en wondere vir die herstel van die vel verrig.”

Dan is daar ook die Derma-Puur Lift, wat Ilza se gunsteling is. “Dit hou my vel jonk en elasties. Ek is mal daaroor. My kliënte ervaar onmiddellike resultate na een behandeling. Die plooie en fyn lyntjies word sigbaar minder.”

Klink dit amper te goed om waar te wees? Ná jare se produkontwikkeling en wetenskaplike navorsing wéét die span
van Derma-Puur dat dit die ware Jakob is. Die resultate spreek vanself. “Ek glo elke vrou moet die verantwoordelikheid neem om haarself te versorg. As jy goed lyk, voel jy outomaties goed oor jouself,” sê Ilza.

Het jy nog vrae? Skakel gerus vir Ilza persoonlik vir ‘n velanalise of sommer net vir meer inligting. Haar nommer is 083 991 4816.

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.