Beauty

Foto’s: OFM se Martin van der Merwe en sy Elani se sprokiestroue

Foto’s: OFM se Martin van der Merwe en sy Elani se sprokiestroue

Hul troue was effe onkonvensioneel, dog absoluut asemrowend in elke aspek. Loer hier na ‘n paar foto’s van die Van der Merwe-troue vroeër vanjaar.

Ons het met Elani gesels oor haar groot dag, kort nadat sy die Ja-woord aan Martin van der Merwe, aanbieder op OFM, gegee het.

Wat is jou mooiste herinnering van jul troudag?

Martin en ek het 2:00 die oggend ná die troue op die stoep van ons cabin langs die dam gaan sit  en ‘n laaste ietsie gedrink. Ons moes weer 05h30 op wees, maar ons het nie gaan slaap nie, ons het net gesit en praat oor hoe amazing die hele dag was. Ons was so opgewonde oor hoe alles uitgewerk het en so gelukkig met die lewe en onsself, dat ons eers 04h30 gaan slaap het.

Ek het geweet dit was die beste dag van my lewe, maar toe hy na my kyk en sê dat dit die beste dag van sy lewe is en ek dit in sy oë kon sien, was dit die beste oomblik van my dag.

 

Die leerbaadjie lyk so oulik en prettig – waarom het jy hierdie ‘look’ gekies?

Ek het geweet dat dit koud sal raak die aand so moes aan iets dink om te dra wat saam met my rok sal werk, maar steeds ék is. Ek het ‘n ding vir ‘n leerbaadjie. Ek voel altyd bietjie sexier as ek een aanhet, dus toe die leerbaadjie.

Ek wou elegant lyk vir die seremonie, en by die onthaal wou ek ‘n bietjie meer soos myself lyk. Toe die skoene uit is, my blomkrans op my kop is en ek die “stukkie vd Merwe” baadjie aan het toe voel ek op my gemaklikste. Ek wou lyk soos mense my ken.

 

Wat was jou vereistes vir ‘n trourok?

Blomme – iets wat blomme op het. Ook ‘n gemaklike rok waarin ek kon beweeg. Ek hou nie van mense wat om my kloek om my te help nie – as ek iets moes doen, wou ek dit self kon doen. Ek wou my bene kon kruis as ek gemaklik wou sit. Nie bang wees iets val uit as ek dans of rondspring nie.

My rok moes ook een wees wat kan vuil word en agter my aangesleep kon word sonder dat ek te jammer daarvoor voel.  

 

As jy iets kon anders doen op jul groot dag, wat sou dit wees?

Ons toue was lieflik, daar is nie iets wat ek anders sou doen nie. Niks was presies soos ek dit beplan het nie, maar snaaks genoeg perfek.

  

 

Fotograaf: He Is Visual Photography

Venue: Eden’s Gate Wedding & Function Venue

Blomme: Die blomskuur

Rok: Anna Georgina Calegra Bridal House

Borduurwerk: @Elzabèhorn

Aandpakke: Eurosuit

Hare: @HairByCorne

Grimering: Reandi Grey

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.