Entertainment

HIERDIE drie kunstenaars sing by vanjaar se Grey Kollege Musiekfees!

HIERDIE drie kunstenaars sing by vanjaar se Grey Kollege Musiekfees!

DIt is weer tyd vir die immer gewilde Grey College musiekfees. Dié musiek ekstravaganza is reeds sedert 1982 ‘n jaarlikse instelling, en is steeds iets waarna Bloemfonteiners elke jaar uitsien.

Jy kan al die dae begin aftel want vanjaar se fees vind op 25 en 26 Augustus plaas.

Die gehoor kan uitsien na die stemme van Refentse, Corlea en Oddo Bam by die musiekfees.

Refentse het baie vining naam gemaak in die Afrikaanse musiekbedryf nadat hy bekende liedjies soos De La Rey en Lisa se Klavier gesing het, en ‘n video daarvan op YouTube beland het.

Corlea het geen bekendstelling in Bloem nodig nie. Al is sy nie meer deel van die groep, Lieflinge nie, bly sy steeds ‘n liefling in die musiekbedryf. Haar liedjie ‘Swart Koffie’ het in 2013 uitstekend gedoen in die mark.

Ottoo Bam, ‘n oud Grey College-leerling, gaan ook deel van hierdie onvergeetlike aand wees.

Die hoogtepunt is gewoonlik die massakoor se optrede.

Die musiekfees vind op 25 Augustus om 19:00 plaas en 26 Augustus om 12:00 en 19:00 in die Sand du Plessis Teater plaas. Kaartjies is beskikbaar by Pacofs. Kontak: 051 447 7771.

 

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.