Latest News

Maak só skenkings vir Ons Kinderhuis in Bloemfontein

Maak só skenkings vir Ons Kinderhuis in Bloemfontein

Talle trane is gestort oor die stoor van Ons Kinder- en Jeugsorgsentrum in Bloemfontein wat afgebrand het.

Kindersorg, wat deel vorm van die liefdadigheidsorganisasie Engo, bied sorg aan 724 kinders in die kinder- en jeugsorgsentrums oor die Vrystaat heen, berig Radio Rosestad.

Alle skenkings aan kinders word in Engo se stoor gebêre vanwaar dit na die provinsie se 34 sentrums versprei word. Hierdie stoor is Sondagaand in ‘n brand vernietig.

Goedere wat saam met die stoor vernietig is, sluit in skoolklere, skoolskoene en nie-bederfbare produkte soos mieliemeel, boeke, meubels.

 

Die publiek is gevra om hul harte oop te maak en items soos klere (seuns en meisies, 0-19 jaar), komberse, handdoeke en niebederfbare kos te skenk.

Daar is verskeie maniere om skenkings te maak. RealNet het hul dienste aangebied as ‘n aflaaipunt vir skenkings. Hulle is geleë by General Hertzog Str 89, Dan Pienaar.

Alternatiewelik kan die sentrum se hoof, Frikkie van Dyk, geskakel word by 051 444-6955, of Tania Brand by 082 5759 367.

 

Get It Bloemfontein November 2017


View magazine
 

Sing Your Way To LA!

Pre-book your tickets to the smash hit sequel, Pitch Perfect 2 and stand the chance of winning a Contiki trip for you and your bestie!

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.