Entertainment

Jong sanger slaan platekontrak los ná Facebook-video

Jong sanger slaan platekontrak los ná Facebook-video

Elandré Schwartz is ‘n 21-jarige blondekop van Despatch in die Oos-Kaap. Sy ongelooflike stem het duisende se aandag getrek.

Nadat Elandré in Oktober verlede jaar ‘n video aanlyn geplaas het van sy weergawe van Bruce Springsteen se “Toucher than the rest”, het meer as 800 000 mense dit gekyk, en het hy onlangs ‘n platekontrak met Select Music losgeslaan!

Kort na die plasing van die video is Elandré gevra om op Bok Radio 98.9 en Bok TV te sing, min wetende dat ‘n groot kontrak op hom wag. Ernst Kleinhans van Select Music het vir Elandré regstreeks per telefoon op die lug meegedeel dat hulle hom ‘n kontrak aanbied, omdat “sy stem gehoor moet word, en omdat sy uitsonderlike talent met mense gedeel moet word.”

Elandré het sedertdien talle plaaslike optredes gehou.

Kyk hier na die oorspronklike video hier van sy weergawe van Bruce Springsteen se “Tougher than the rest”:

Dankie Bruce. #springsteen #afrikaans #USA #share?

Posted by Elandré on Thursday, 27 October 2016

Via TheGoodThingsGuy

Hier sing Elandré een van sy eie liedjies op die Expresso Breakfast Show.

 

Get It Bloemfontein November 2017


View magazine
 

Sing Your Way To LA!

Pre-book your tickets to the smash hit sequel, Pitch Perfect 2 and stand the chance of winning a Contiki trip for you and your bestie!

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.