Latest News

Jana du Plessis ervaar ernstige terugslag met kanker

Jana du Plessis ervaar ernstige terugslag met kanker

Ons ken Jana du Plessis as ‘n inspirerende, borrelende vrou wat nie toelaat dat die kake van kanker haar insluk nie. Hierdie slag laat sy dit ook nie toe nie.

Jana stap al vir etlike jare die gevreesde pad met kanker. Sy tree gereeld as motiveringspreker op en het onlangs ‘n boek, Aardetyd is Genadetyd, die lig laat sien. Weens kanker moes sy al haar been én haar ongebore baba prysgee. Sy is onder meer ‘n voormalige Mev. Bloemfontein en CANSA se International Hero of Hope vir 2011-2012.

Maar ‘n hoeveelste kanker diagnose het in die afgelope paar weke wéér haar realiteit geword. Omdat Get It oor die jare heen ‘n pad met Jana gestap het, het sy ingestem dat ons hierdie nuus met jou, ons leser, deel. (Lees ons vorige artikels oor Jana hier en hier.)

Haar man, Ian, skryf die volgende:

Hi Julle. Ek is so jammer dat ons so stadig update, maar op hierdie stadium probeer ons net self kop bo water hou. Ek sal nooit kan se hoe ons almal se omgee en boodskappe waardeer nie. Jana se lyf is moeg en seer, maar haar gemoed lyk goed vandag na n baie moeilike week verlede week. Ons verkies ook tans om nie siekte te spreek of eintlik enigsins daaroor te praat nie. Hoop regtig dat almal hierdie in die regte lig sal sien. Ons steun op almal se opregte positiewe gebede en leef voluit elke minuut. Hier is so vinnig Jana se opsomming:

Einde Junie is ‘n scan gedoen en gesien die kanker in die long is buite beheer. Hulle kon dit nie eers deur operasie verwyder het nie. Bestraling en chemo pil is begin omdat die uitsaaiings ook aan die buitekant vd long is
Verlede Donderdag is daar weer ‘n knop verwyder wat kwaadaardig getoets het. Saam met dit het hul opgetel dat die kanker versprei het na die heup, bekken en been. Dit beteken baie pyn en baie slegte prognose! En in Jesus naam breek ons alle uitsprake wat dr’s op mediese termes die adgelope week vir ons gesê en gegee het! (Met mediese feite wat heeltemal korrek is)

Die duiwel het dit WEL reggekry om my bootjie om te gooi en my vir week te laat rond dobber het terwyl groot branders oor my kop geslaan het. Vir die eerste keer het ek gevoel waar is God in die situasie, die duiwel het dit reg gekry om my te laat twyfel, opstand en beloftes te kom steel. Ek het dit wel toegelaat, maar hoe getrou is God nie dat Hy my onmiddelik terug geruk het en alles in Sy naam waaraan ek die afgelope hoeveel jaar glo en spreek weer opnuut lewend te maak in my hart. Ek het keuses! Wat ek die duiwel se leuen of vat ek God se waarheid??? Ek kies God se waarheid! Ek kies ook om net positiewe opbouende woorde te vat en bid elke negatiewe woord en gedagte elke dag af! Spreek asb lewe en lewe in OORVLOED!!!

Ons hou vir Jana styf vas in ons gedagtes en gebede.

 

Get It Bloemfontein September 2017


View magazine
 

Sing Your Way To LA!

Pre-book your tickets to the smash hit sequel, Pitch Perfect 2 and stand the chance of winning a Contiki trip for you and your bestie!

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.