Lifestyle

PROMOSIE: Beweeg met woema by Maryna Wessels Fisioterapeute

PROMOSIE: Beweeg met woema by Maryna Wessels Fisioterapeute

Die menslike liggaam is voorwaar wonderlik en is met die regte instandhouding tot meer in staat as wat ons kan dink. By Maryna Wessels Fisioterapeute kan jy leer om jou ligaam optimaal te gebruik en hier word enige liggaamlike herstelproses ‘n fees!

Jy het net een liggaam. Dis is dus jou verantwoordelikheid om te sorg dat jy daarna omsien – veral as jy ’n slagoffer van ’n sport – of ander besering was of na ’n groot operasie herstel. Dit klink na harde werk, wat die pasiënt soms in onkunde aanpak, maar die ligpunt is dat jy nie alleen in hierdie proses is nie. Maryna Wessels Fisioterapeute bied aan elke pasiënt gehaltesorg deur jou te ontmoet waar jy in die proses is, tot waar jy wil wees. “Elke pasiënt word met sorg en professionaliteit op dinamiese wyse hanteer, ten einde sy of haar doelwitte te bereik. Ons streef daarna om hierdie proses vir jou te vergemaklik, pret te maak en so ook algehele welstand te bevorder,” vertel Maryna.

Maryna Wessels Fisioterapeute bestaan uit vyf uitstekende fisioterapeute: Maryna, Helena van de Wall, Carina Olivier, Carike Supra en Eduardo da Silva Maia. Aanvullend het die praktyk ook twee biokinetikuste wat passievol is oor oefening en liggaamlike beweging, Christine Wall en Kyle van Heerden. Marietha Ackerman, ’n sielkundige, staan die pasiënte op ’n emosionele en sielkundige vlak by tydens die herstelproses.

By Maryna Wessels Fisioterapeute glo hulle sterk in die helende krag van water. Aquaterapie is so uiters suksesvol vir rehabilitasie na operasies en beserings, fiksheid en spierkondisionering, dat hul pasiënte met lof daarvan getuig.
“Aquaterapie is nie net geskik vir ouer persone nie,” verduidelik Maryna. “Pasiënte met sportbeserings oefen net so effektief in water deur drywend te hardloop op ’n diepte van 2.2 meter. Swaartekrag word uitgeskakel en spiere word geoefen sonder enige impak op gewrigte.” Pasiënte wat groot operasies ondergaan, byvoorbeeld knie-en heupvervangings, baat baie deur voor en na die operasie Aquaterapie te doen, aangesien rehabilitasie van kardinale
belang is en bydra tot die sukses van enige operasie. Maryna en haar span stap die ekstra myl om pasiënte in elke aspek by te staan. “Die fisioterapeute sal so ’n persoon voor die operasie behandel om spiere te versterk en inligting rondom die operasie te verskaf. Direk na die operasie word die pasiënt in die hospitaal met oefeninge gehelp, asook om die pasiënt funksioneel te kry voor ontslag.”

’n Opvolgbehandeling vind by die twee praktyke by Mediclinic Bloemfontein of Thomsonweg 7, Westdene, plaas. Voordele van die terapeutiese swembad sluit in: gewigdra word verminder deurdat swaartekrag uitgeskakel of verminder word. Die warm water help met die verbetering van gewrigsbeweging, sirkulasie en vermindering van pyn. Hidrostatiese druk verminder swelling en bevorder algehele genesing.

“Elke pasiënt by ons sentrum word geëvalueer. Daarvolgens word tuisprogramme saamgestel om aan elke pasiënt se behoeftes te voorsien,” sê Maryna. Die feit dat Maryna Wessels Fisioterapeute ’n diens kan lewer in elke fase van ’n persoon se genesing, maak hulle diens puik en uniek.

Die praktyk vier vanjaar sy 21ste verjaarsdag! Maryna en haar span dink met mooi herinneringe terug aan die nederige beginjare: van ’n klein praktyk , tot ’n bedrywige een wat by die gemeenskap se behoeftes aangepas het om ’n omvattende diens te lewer.

Kontak Maryna Wessels Fisioterapeute by 051 444 5283 of volg hulle op Facebook om op die hoogte te bly van hul dienste.

Foto’s: Eye Poetry Photography

 

Sing Your Way To LA!

Pre-book your tickets to the smash hit sequel, Pitch Perfect 2 and stand the chance of winning a Contiki trip for you and your bestie!

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.