Latest News

Dewald Louw se opwindende nuwe loopbaan

Dewald Louw se opwindende nuwe loopbaan

Ons eie Dewald Louw het verlede week die Blommestad vir die Moederstad verruil… Ons het met hom gesels oor sy nuwe uitdaging.

Vertel ons van jou nuwe lewe in die Kaap?

Ek het ‘n wonderlike geleentheid gekry om by ‘n psigiatriese kliniek (Montrose Manor) aan te sluit wat spesialiseer in die behandeling van eetversteurings.  Dit is basies ‘n rehabilitasiesentrum vir kliënte wat sukkel met Anorexia Nervosa, Bulimia of Binge Eating. Meeste van die kliënte kom van die UK of van die res van Europa.  Hulle bly dan 12 weke of langer, afhangende van hulle vordering. Tydens hierdie periode kry hulle intensiewe behandeling van ‘n multidissiplinêre span. Ek is die Sielkundige in die span. Ander kollegas sluit in ‘n psigiater, dieëtkundiges, verpleegsters, beraders, arbeidsterapeute ens.

 

Wanneer was jou laaste dag in Bloem?

Ek het Vrydag, 15 September in Bloemfontein klaar gemaak en het die volgende dag, 16 September na Kaapstad gevlieg.  Ek het Maandag, 18 September by die nuwe kliniek begin werk.

 

Verlaat jy Bloem vir altyd?

Dit is ‘n permanente aanstelling, daarom moes ek volledig verhuis na Bishopscourt, Kaapstad.

 

Wat gaan jy onthou/mis van Bloem?

Bloemfontein bly huis. My ouers is steeds daar, so ek hoop om gereeld te gaan kuier. Ek sal definitief al my vriende van Bloem mis, asook die reuk van my ma se melktert.  Verder is die familariteit van Bloem baie gemaklik, en ek het geweet waar alles en almal is. Hierdie is ‘n nuwe uitdaging, maar ook ‘n goeie uitdaging!  Ek het darem ook baie familie in die Kaap, so dis lekker om naby hulle te wees.

 

Get It wens vir Dewald net sterkte toe met sy nuwe lewensreis!

 

Sing Your Way To LA!

Pre-book your tickets to the smash hit sequel, Pitch Perfect 2 and stand the chance of winning a Contiki trip for you and your bestie!

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.