Beauty

PROMOSIE: Derma-Puur is Ella Kotze se velsorg-geheim

PROMOSIE: Derma-Puur is Ella Kotze se velsorg-geheim

Wanneer dit by skoonheid kom, is die bekende sangeres, Ella Kotze, ‘n voorstander van natuurlike, effektiewe produkte sonder fieme en tierlantyntjies. En dit is duidelik dat haar skoonheidsorg regtig wérk!

Die naam, Ella Kotze, is sinoniem met sprankel, elegansie, styl en innerlike sowel as uiterlike skoonheid. Haar lewe getuig van haar krag as vrou, haar geloof en hoe sterk sy voel oor selfversorging. Sy straal behoorlik en die afwesigheid van plooie op haar gesig steek haar ouderdom (‘n volle 55) goed weg! “Ons Hemelse Vader het elke vrou, en man, gemaak na SY beeld. Dit is ons plig om onsself te versorg. Ook op geestelike vlak, sodat ons mooi kan wees van binne, en daardie mooi kan uitstraal na almal rondom ons. MAAR ons moet ook ons liggame, wat ‘n tempel van God is, versorg deur gesond te leef en te eet. Ons het ook net een vel wat vir seker gaan verouder as ons dit nie versorg nie.” Daarom moedig Ella ander vroue deur haar voorbeeld aan om reeds van jongs af mooi na hulle vel en liggaam te kyk.

Ella is behóórlik besig. As die administratiewe beampte vir die Vrystaatse Simfonieorkes en die Odeion Strykkwartet, is haar dae, en soms aande, propvol. Sy is boonop ook ‘n motiveringspreker en sing by lofprysingsdienste in kerke oor die land heen. Haar eerste solo-album het kort nadat sy geskei is van die sanger, Philip Kotze, die lig gesien. “Dit is ‘n jarelange droom wat bewaarheid is. Harde werk – maar só bevredigend!” Dit is juis weens haar propvol en besige leefstyl dat Ella se paadjie vyf jaar gelede met die plaaslike velsorgnaam, Derma-Puur, gekruis het. “Ek is nog nie een dag spyt dat ek besluit het om alle ander botteltjies wat half-gebruik, of te goed geklink om waar te wees.”

En so het Ella besluit om Derma-Puur op die proef te stel. Derma- Puur is ‘n luukse velsorgreeks wat sy oorsprong
in Bloemfontein het, en vandag steeds in die Rosestad gesetel is. Produkte word hiervandaan na die res van die land gestuur. Derma-Puur is in Januarie 2012 amptelik gestig en is voorwaar ‘n trots Bloemfonteinse produk. Sedert Ella die produkte in 2011 beproef het, het sy nooit weer teruggekyk nie. Vir haar is een van die grootste voordele van Derma-Puur dat dit eenvoudig is om te gebruik. “Ek tree baie op in die platteland met my motiveringspraatjies en by
lofprysingsgeleenthede en moet gereeld ‘n oornagtassie pak. Dit is dan so maklik om net my Millk Cleanser (wat grimering verwyder, vel skoonmaak en verfris) en Derma-Puurroom (dag-, nag-, oog- én nekroom in een) in te pak.”

Hoe eenvoudig klink dit nie? Sy sorg dat sy sommer ‘n lugdigte houertjie met klam watte inpak, wat sy gebruik om haar gesig te was. “Ek wend die cleanser aan op my droë vel, masseer dit goed oor die hele gesig, ook oor my oë, en vee dan al die grimering af met ‘n klam watte.” Een van Ella se persoonlike velsorgwenke is om NOOIT met grimering te gaan slaap nie – maak nie saak hoe laat jy in die bed kom nie.

Ella giggel wanneer sy vertel hoedat bewus geword het van vroue wat agter hul hande fluister dat sy ‘n facelift
gehad het… “Ek het ook al baie vrae gekry oor hoe ek dit regkry om so jonk te lyk en min plooie te hê… die Derma- Puur Lift is voorwaar ‘n wonderwerk!”

Sy onthou hoe sy deur die son gebrand is tydens ‘n Walvisroete-staptoer drie jaar gelede. Sy het ná ‘n uitmergelende
dag van 30 km se stap gaan stort, en die Derma-Puur Balm aangesit, en daarna die Derma-Puur Lift en -room Puur-produkte.”

Hoewel Derma-Puur in totaal twaalf produkte het, is dit vir die deursnee-vrou slegs nodig om ‘n enkele hiervan te gebruik, omdat die basiese produkte die funksies van soveel ander velsorgprodukte op die mark vervul. Die regte produkte wat jy benodig, sal deur ‘n Derma-Puurkonsultant aan jou voorgestel word. Biochemikusse het vir veertien jaar lank navorsing gedoen oor een van die hoofbestanddele in Derma-Puur – ‘n anti-oksidant genaamd anthocyanidin. Die molekulêre struktuur daarvan is klein genoeg om die vel te penetreer en beskadigde selle van binne af te herstel. Dis juis waarom Ella van Derma-Puur praat as ‘n “gesondmaak”- produk.

“Ek het nooit regtig gesukkel met my vel nie, en het eintlik nog altyd gedink ek het ‘n mooi vel. Ek was verbaas om
die verskil te sien wat slegs een Derma- Puur-behandeling op my – wat ek gedink het ‘n mooi vel was – gemaak het. Ná een maand kon ek sien hoe gesond my vel lyk.” Nuwe selle word as’t ware gebou van binne af. Die ou selle word een maal per week verwyder met die Derma-Puur Enzime wat slegs op dooie selle werk. “Die verskil is verstommend. Jy sal my glo wanneer jy dit self beleef,” vertel Ella.

Nog ‘n defnitiewe pluspunt van Derma-Puur is dat dit gepas is vir enige tipe vel – droog, olierig of ‘n kombinasievel – en selfs probleemvelle. Daar is absoluut geen onnodige chemiese of kleurstowwe in wat die vel kan irriteer nie.

Maak kontak met die span by Derma-Puur deur 071 383 2948 te skakel, of stuur ‘n e-pos na info@dermapuur.co.za. Besoek www.derma-puur.co.za vir meer inligting oor elke produk.

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.