Beauty

Somermodes om oor opgewonde te raak

Somermodes om oor opgewonde te raak

Lentetyd is mooimaaktyd… nuutwordtyd… blomtyd… Sorg dat iets aan jou uitrusting hierdie pragtige seisoen weerspieël. Elmerane van Ryneveld van Orijinel bring ons op die hoogte van die nuutste lente-modeneigings.

Moue met splete

2017 is die jaar van die mou. Van uitkolkmoue tot versierde moue – daar is geen perke nie. So wat is ‘n mou met ‘n spleet in? Presies wat dit sê – ‘n bloes, rok of baadjie met ‘n spleet van die gewrig of elmboog af tot by die skouer.

 

Die oop- of afskouer

Ook bekend as die cold shoulder of flashdance shoulder. Ons hou deesdae ook van die enkel-oopskouer-voorkoms, of die single shoulder cut-out. Hierdie styl doen al die rondte sedert 2016 en vroue oral is mal daaroor. Om jou skouers te wys is sexy sonder om té sexy te wees, en chic sonder om té hard te probeer. Daar is ‘n tipe nonchalance omtrent die styl waarmee ‘n mens nie maklik kan fout vind nie.

 

Opryg-detail

Soms is dit die onverwagte besonderhede wat ‘n uitrusting na die volgende vlak neem. Hierdie is nog ‘n doen-dit-self
neiging wat opryg-rûe tot opryg-nekke en denimbroeke insluit. Dit bied die perfekte detail vir die gemaklike vrou, met ‘n tikkie waaghalsigheid.

 

Borduurwerk

Vir die doen-dit-self vrou is hierdie modeneiging ‘n heerlike projekkie met daardie ouer artikels in jou klerekas. Borduur roosmotiewe op jou rok of langs jou denimbroek se pype af, versier die skouers van ‘n eenvoudige katoenhemp of plaas ‘n enkele motief op ‘n satyn-bomber jacket. En daar het jy dit!

 

Patrone en blomme

Helder strepe of kop-tot-toon blompatrone… die modewêreld se voortgesette liefdesverhouding met blommotiewe is hier om te bly. Hoe groter, hoe beter. Wees voorbereid om vrouwees te omhels met blompatroon-rokke, -swembroeke, -skoene en selfs -sonbrille. Strepe is ook altyd in die mode, maar in 2017 het dit ‘n heel nuwe gedaante aangeneem. Hierdie lente gaan ons groot. Ons soek na die helderste en opvallendste streep- en blompatrone wat ons kan vind!

 

Gaan loer na Elmerane se ontwerpe op haar Facebookblad of kontak haar by 082 440 5177.

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.