Beauty

PROMOSIE: Raak weer lief vir jou vel

PROMOSIE: Raak weer lief vir jou vel

Getroue gebruikers van Derma-Puur plaas selfsorg bo-aan hul prioriteitslys, en dit is duidelik sigbaar. ‘n Mens kan immers slegs na ander omsien as jy goed voel oor jouself.

Ons het die velsorg-ghoeroe van Bloem, Ilza Lambrechts, reeds vroeër vanjaar aan ons lesers voorgestel. As bestuurder van die plaaslike velsorgnaam, Derma-Puur, weet Ilza hoe belangrik dit vir vroue is om veral in die fel
Suid-Afrikaanse klimaat hulself te versorg.

Daisa Gouws, wat deel uitmaak van Ilza se span by Derma-Puur, is op die ouderdom van 51 ‘n lewende getuienis van die wonders wat Derma-Puur vir enige persoon kan doen. “As ek ‘n klein bydrae kan lewer om ander vrouens te motiveer om hulself te versorg, dan is my werk gedoen,” sê Daisa. Sy het in haar twintigs begin om die beste velsorgprodukte uit te soek, maar het kort-kort nuwes probeer wanneer sy nie die verlangde resultate gesien het nie.

Totdat sy twee jaar gelede met die trotse Bloemfonteinreeks, Derma-Puur, kennis gemaak het. “Ek het in 2015 by Bloemskou ‘n demonstrasie-behandeling met Derma-Puur op my oog ontvang, en ek kon onmiddellik die verskil aan die lyntjies om my oog sien. Ek het daarna ‘n salon-gesigbehandeling ontvang, wat uitstekende resultate getoon het. Ek het sonder om te aarsel, dadelik begin met die hele Derma-Puur-reeks.”

Vir Daisa is die grootste voordeel van Derma-Puur die natuurlike samestelling daarvan. “Dis wonderlik hoedat die produkte jou vel op ‘n natuurlike wyse gesondmaak en voed.” Biochemikusse het vir veertien jaar lank navorsing gedoen oor een van die hoofbestanddele van Derma-Puur – ‘n anti-oksidant genaamd anthocyanidin. Die molekulêre struktuur daarvan is klein genoeg om die vel te penetreer en beskadigde selle van binne af te herstel.

“Watter opsies is daar vir vroue om ‘n drastiese ommekeer in die voorkoms ons hul vel te maak? Ons is só blootgestel aan dinge soos botox fillers en facelifts, wat jou uiteindelik misvorm en ‘n onnatuurlike voorkoms gee,” sê Daisa.
Sy het egter nog nooit genoodsaak gevoel om sulke drastiese stappe te neem nie, omdat Derma-Puur haar vel só goed van die binnekant af versorg dat dit duidelik sigbaar is. “Ek gebruik graag Derma-Puur Lift om die fyn lyne op my vel te herstel.”

“Nog ‘n gunsteling is natuurlik die Derma-Puur Balm wat ek soos ‘n masker gebruik.” Haar dogter is ook ‘n getroue Derma-Puur-gebruiker. Een van die groot geheime om gewenste resultate met Derma-Puur te kry, is om self ingelig te wees oor hoe jy die produkte moet gebruik. Daarom sou Daisa vroue aanraai om ‘n facial-werkswinkel van Derma-Puur by te woon. “Jy leer hoe om self die produk op jou gesig aan te wend en ‘n kundige verduidelik vir jou hoe om die reeks optimaal te gebruik vir die beste resultate.” Die beste van alles? Ilza en Daisa bied hierdie  werkswinkels gratis aan vroue in die Rosestad! “Dit is goed en wel om elke dan en wan vir ‘n salon-behandeling te gaan, maar as jy nie die produkte by die huis reg gebruik nie, sien jy nie die ongelooflike resultate nie. Ons leer vroue om die produkte op ‘n daaglikse basis reg te gebruik, asook om volledige facials vir hulself by die huis te doen.”

Kontak vir Ilza direk by 083 991 4816 om vir jou en jou vriendinne ‘n plek te verseker vir só ‘n werkswinkel. Derma-Puur is ‘n luukse velsorgreeks wat sy oorsprong in Bloemfontein het, en vandag steeds in die Rosestad gesetel is.

Derma-Puur is in Januarie 2012 amptelik gestig en is voorwaar ‘n trots Bloemfonteinse produk. Maak kontak met die span van Derma-Puur deur 071 383 2948 te skakel, of stuur ‘n e-pos na info@derma-puur.co.za. Besoek  www.derma-puur.co.za vir meer inligting oor elke produk.

 

Bederf jouself met hierdie spesiale pakket wat slegs vanaf 1 November 2017 geldig is – koop vier Derma-Puur produkte (Milk Cleanser, Moisture Plus, Lift en Balm) vir R1 195, en kry hierdie pragtige smuktassie gratis! Terwyl  voorraad hou. Besparing van R800.

 

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.