Competitions

WEN drie lekker Afrikaanse CD’s!

WEN drie lekker Afrikaanse CD’s!

Ons gee hierdie drie CD’s weg, met komplimente van Select Musiek… skryf hier in!

Select Musiek se reeks Sinkplaat Sessies is gerat om ‘n groot treffer onder aanhangers van eersteklas musiek te wees. Die Sinkplaat Sessies-konsep het tot stand gekom as ‘n platform waar van SA se top kunstenaars die kern van musiekmaak kan vier: musikante wat in ‘n intieme ruimte optree – ver verwyderd van die wêreld van glans-verhoë.

Die stel het ‘n gepas-minimalistiese, amper industriële gevoel, met sinkmure, antieke houtmeubels en allerlei interessanthede uit vervloeë jare wat ‘n eiesoortige karakter aan dié sessies verleen.

Elandré, met onder andere “Toucher than the rest”, “Your man”, “Stilte voor die storm” en “Forever”, se stem is soos donker sjokolade op ‘n reënerige dag… En Lieflinge, met snitte soos “Miljoene stemme”, “Ritme van die liefde” en “Jy slaan my asem weg” bekoor hulle ver en wyd.

Kurt Darren is terug met ‘n vuurwarm dansalbum wat jou voete sal laat jeuk! Sy CD “Laat die dansvloer brand” is pure, polsende, voetstamp-oemf tussen twee omslae. Sy nuwe album beslaan 14 snitte wat daardie fyn balans tussen lekker opskop-sokkie en rustig dans presies regkry.

Om hierdie drie CD’s te wen, vul jou besonderhede hieronder in:

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.