Kids

Bloemfontein Kinderkoor word staande toegejuig oorsee

Bloemfontein Kinderkoor word staande toegejuig oorsee

Hierdie briljante koor, onder leiding van Huibrie Verster, toer tans in Europa en het die gehore aan hul voete.

Die 43 lede se eerste groot optrede was Saterdag 9 Desember in die Casino Kursaal in Oostende waar hulle saam met Andrei Lugovski opgetree het voor ‘n gehoor van 2 500 mense en ‘n staande ovasie ontvang het. Kaartjies is ook uitverkoop vir hul konsert in Limburg, maar hulle het Kersmarkgangers trakteer toe hulle voor die kerk gesing het ná hul vertoning. Op Sondag 10 Desember het hulle in die kerk van Wellen opgetree voor 300 mense.

Gister het die kinders Hasselt en Winterland besoek waar hulle op die ys geskaats het.

Vandag (Donderdag) het hulle die Kasteel De Clee Kuttekoven in Wellen beskoek. Dit is in België wat gebou is in 1709. Die koor sal dan daar ook optree.

Vrydag 15 Desember tree die Kinderkoor vir die Nelson Mandela-kinderfonds op en Saterdag sing hulle in Basilliek, Maastricht. Hier sal die klomp dan ook hul eie flashmob doen.

Al die optredes van die Bloemfontein Kinderkoor se kaartjies is uitverkoop.

“Europa beskou hierdie koor  as van die beste kore ter wêreld. Groot dank aan Willie Venter, internasionaal bekende choreograaf en vervaardiger, asook beskermheer van die Bloemfontein Kinderkoor” sê Johan Gunter, bemarkingshoof van die koor, uit België.

Die koor was ook hierdie week op die voorblad van ‘n plaaslike koerant in Wellen

 

Get it Bloemfontein December 2017


View magazine
 

Sing Your Way To LA!

Pre-book your tickets to the smash hit sequel, Pitch Perfect 2 and stand the chance of winning a Contiki trip for you and your bestie!

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.