Food

Doodeenvoudige sjokolade fudge resep

Doodeenvoudige sjokolade fudge resep

Jy sal beslis oor die skouer geklop word as jy hierdie tuisgemaakte fudge blokkies vir jou gaste voorsit hierdie Kersfees. Get It het dit probeer, en dit smaak hemels! ‘n Mens sal nie glo dit is so maklik om te maak nie.

Jy het nodig:

680 fyngekapte sjokolade van jou keuse

1 blik kondensmelk

3 eetlepels ongesoute botter

1 teelepel vanielje ekstrak

Voer ‘n oondbak uit met bakpapier of foelie en sit eenkant. Plaas die sjokolade, kondensmelk, botter en vanielje in ‘n hittebestande bak, bo-oor ‘n pot met kookwater. Roer totdat die mengsel gesmelt en goed gemeng is. Verwyder van hitte.

Giet die mengsel in die oondbak in, en smeer gelyk. Plaas vir minstens 2-4 ure in die yskas totdat dit ferm is.

Sny in blokkies en bedien.

 

(Resep van Marsha.)

 

Get It Bloemfontein September 2018


View magazine
 

Sing Your Way To LA!

Pre-book your tickets to the smash hit sequel, Pitch Perfect 2 and stand the chance of winning a Contiki trip for you and your bestie!

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.