Competitions

WEN kaartjies na die Franse Mark by Villa Avianto

WEN kaartjies na die Franse Mark by Villa Avianto

Dis weer sulke tyd – Frille en ‘Flair’ by die Franse Mark!

Villa Avianto bied op 2 Junie weer die Franse Mark in Kwaggafontein, Bloemfontein aan met ‘n spesifieke fokus op Hande Vat en Saam Lag.  Die dag begin om 07:30 met die Spice walk van ongeveer 5 km vir die hele gesin. (Honde aan lybande is ook welkom!) Deelname is gratis, daar kan egter n donasie gemaak word aan die Kinderhuis. Hierdie Spice Walk word aangebied in meelewing aan soveel kinders wat swaarkry.  Die roete is maklik en loop deur die Bewaringsarea teen Brandkop. Kom en beleef die eenvoud en rykdom van die Vrystaat se winter grasse .

Die Franse Mark begin ook amptelik 08:00 die Saterdagoggend en besoekers kan ‘n heerlike warm Franse ontbyt en atmosfeer kom geniet tot 15:00 die middag.

‘n Verskeidenheid uitstallers met unieke produkte sal by die mark uitstal. Talle tuisgemaakte produkte, blomme, Franse meubels, Franse huisdekor, koffie, handsakke, leerprodukte, kinderklere, unieke kunswerke, gesondheids beskuit en koekies, handgemaakte geskenke, strope, konfyte, wolprodukte, kase, brode, wyne, juwele asook varsgebak word aangebied.

Heerlike vermaak vir die kinders word beplan, met karretjie-ritte en ‘n lekker springkasteel.  ‘n Groot markiestent en ‘n verskeidenheid kosstalletjies wat verskillende kulture verteenwoordig, sal aan die markgangers ‘n kulturele ervaring gee van kosse van regoor die wêreld.

 

Toegangskostes is R20 per volwassene en R10 vir skoolgaande kinders onder 12 jaar.  Kinders onder 6 jaar is gratis.

Vir meer inligting skakel gerus vir Suretha van Heerden by 083 329 4872 of stuur n e-pos na info.villaavianto@gmail.com

 

Get It gee twee stelle dubbelkaartjies weg. Skryf hier in:

 

Bloemfontein Get It October 2018


View magazine

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.