Get to Know

Olivia Botha se hart klop kuns

Olivia Botha se hart klop kuns

Dis moeilik om te glo dat die skone olivia botha al grondpad in haar lewe geloop het. Maar elke sukkel-seerkrypad in haar lewe het haar teruggebring na ‘n verfkwas en nuwe inspirasie.

“Ek verf sodat ek ander kan bless.” Wanneer Olivia dit sê, glo jy haar regtig. In haar kleurryke sitkamer vertel Olivia
oor ‘n koppie warm melkkoffie haar interessante lewensverhaal sonder filters.

Sy is die kunstenaar agter die bekende Art de Olivia-naam (deesdae slegs Olivia). Uit haar kreatiewe hand kom nie net die allermooiste skilderye nie, maar ook klere, juwele, kombuisware, skryfbehoeftes, stoff ering en vele meer. Wat haar kunswerke van ander onderskei, is dat sy op bykans elke kunswerk en kunsartikel ‘n seënwens neerskryf, wat hopelik iets vir iemand kan beteken wat dit lees. “Ek wil graag liefde en geluk uitstraal. Ek hoop veral dat die kunswerke wat ek vir dokters se spreekkamers gemaak het, iets vir die mense kan beteken wat daar kom.”

Olivia het in Virginia grootgeword. Haar ouers is geskei toe sy nog op skool was, en dit is vandag vir haar hartseer om
te gesels oor hoe sy en haar pa oor die jare uitmekaar gegroei het. “Dit is ongelukkig so dat ‘n mens jou lewe met ander – dikwels verkeerde dinge –probeer vul wanneer die pa-figuur afwesig is. Ek het vir seker na skool verkeerde besluite geneem en my lewe probeer volmaak met liefde wat eintlik van my pa af moes kom,” vertel sy.

Na skool het Olivia haar in Bloemfontein kom vestig, waar sy grafiese ontwerp met behulp van ‘n beurs geswot het.
Sy het egter nie die kursus voltooi nie, omdat haar werk en ander omstandighede haar gedwing het om haar swottings te staak. “Ek het aanvanklik geskop teen die idee om kuns te skep met ‘n rekenaar – vir my was kuns iets wat met verf en kwaste gedoen is. Maar ek het só baie geleer terwyl ek geswot het, en ek glo dat ek nóg meer sou baat by die volledige kursus.”

Die oomblik toe ek weer begin verf het, het alles vir my in plek geval.

Sy onthou dat haar swotjare in haar vroeë twintigs ‘n tyd was toe sy min in haarself en haar kreatiewe talent geglo het. Dis eers nadat sy ‘n verkoopskonsultant by ‘n verfwinkel in Westdene geword het dat sy begeesterd geraak het om weer self te verf. Haar eerste uitstalling het in slegs drie dae uitverkoop. Dis toe dat sy geweet het kuns is haar roeping, en dat sy dit met volle oorgawe moet najaag. “Ek was 23 jaar oud. Ek het ná daardie uitstalling nooit weer teruggekyk nie. Die Here het my hard geruk na my roeping toe. Die oomblik toe ek weer begin verf het, het alles vir my in plek geval,” vertel Olivia.

Foto: Mariska Venter

Sy het ook in daardie tyd besluit om haar lewe te suiwer van onnodige insette, en het vir ‘n maand lank ‘gevas’ van alle media en sosiale media. “Ek het ook in daardie maand glad nie saam met vriende gekuier nie. Ek het nodig gehad om op myself en my kuns te fokus, en my lewe te suiwer van alle negatiewe elemente. Dit het werklik my lewe verander. Ek het vir die Here geleentheid gegee om die gate in my lewe met die regte dinge te vul.”

Dwarsdeur Olivia se opdraande paaie, onsekerhede en liefdestelleurstellings, was kuns altyd vir haar ‘n standvastige
toevlug en uitlaat. Kort nadat sy haar man, Karel, ontmoet het, is hulle getroud en het hulle voluit met haar besigheid, Art de Olivia begin, woeker. Hulle het tussendeur ook ‘n koffiewinkel, Brown Sugar, in Westdene gehad, maar die lang ure was mettertyd een te veel vir hulle, en hulle moes noodgedwonge halt roep.

“Die koffiewinkel was ‘n heerlike tyd in ons lewens. Ek het regtig die Here se hand op die plek ervaar. Vrouens het daar kom sit en hartsake gesels, of sommer net spesiale oomblikke saam geniet. Daar was soveel liefde in die plek.”

‘n Moeilike twee jaar het Olivia en Callie se huwelik getref toe hulle met infertiliteitskwessies gekonfronteer is. Sy
het egter in 2016 met hul seuntjie, Le Mar, swanger geword, en hul tweede seuntjie, Tre Monne, is vroeër vanjaar gebore. “Ek is vandag bly oor my sukkel-seerkrypad. Dit het my so baie geleer en het my beslis sterker gemaak. My twee seuns is die ligpunt in my lewe. Hulle het ‘n goeie rolmodel in hul pa. Dit is vir ons belangrik om sterk manne van God groot te maak.”

Vandag woeker Olivia en Karel met hul kunsbesigheid, en kan hulle nie voorbly met bestellings en die spoed waarteen die besigheid groei nie. Art de Olivia werk met 15 verskaff ers, en hul artikels word in 50 winkels regoor die land verkoop. Hul grootste winkel is in Parys, terwyl daar het onlangs een in Vanderbijlpark oopgemaak het. Hoewel daar nie ‘n eksklusiewe Art de Olivia-winkel in Bloemfontein is nie, word van hul artikels by Boet & Sus in  Universitas verkoop.

Haar aanlynwinkel (artdeolivia.com) is ook baie verbruikersvriendelik, en Olivia doen haar bes om persoonlik op elke webnavraag te reageer. Sy gaan ook vanjaar vir die eerste keer ‘n volledige stalletjie by die Vrystaat Kunstefees hê. Haar kuns het nog altyd ‘n kenmerkende voorkoms en tema gehad wat vinnig gewild geword het, maar haar klerereeks het selfs nog vinniger ‘n gunsteling geword onder haar kliënte. Sy het onlangs ‘n vier-seisoen klerereeks vir persoonlikhede bekendgestel. “Dit beteken basies dat ek klere ontwerp vir vier verskillende vroue – van vroue met eksentrieke persoonlikhede tot vroue met ingetoë persoonlikhede. Almal hou nie ewe veel van helder kleure (soos ek) nie. So ek probeer om iets vir elke spesifieke vrou te maak.”

Die trefkrag van Olivia se kuns is eenvoudig: Om liefde en vreugde uit te straal. En wanneer jy haar kunswerk
aanskou, vóél jy haar hart daarin klop.

 

Get It Bloemfontein September 2018


View magazine
 

Sing Your Way To LA!

Pre-book your tickets to the smash hit sequel, Pitch Perfect 2 and stand the chance of winning a Contiki trip for you and your bestie!

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.