Latest News

Bloem se Hanneke Meyer (75) slaag Meestersgraad met lof!

Bloem se Hanneke Meyer (75) slaag Meestersgraad met lof!

Ouderdom stuit nie hierdie merkwaardige vrou nie!

Dr Hanneke Meyer het by die UV se Junie-gradeplegtigheid onder luide applous haar toenkenning ontvang, nadat sy in die ouderdom 75 haar Meestersgraad in Teologie met Lof geslaag het.

Dr Meyer, wat ook ‘n Doktersgraad in Opvoedkunde het, het vroeër gesê sy het haar lewe gewy aan die opvoeding van kinders, selfs ook haar eie. Daarom het sy later in haar lewe besluit dat dit weer haar beurt is om ‘n student te wees.

Prof Fanie Snyman, Dekaan van die Fakulteit Teologie, het by die gradeplegtigheidseremonie gesê: “Dit is net ‘n vreugde om vir Hanneke as ‘n student te hê. Behalwe vir haar puik akademiese prestasies, is dit prysenswaardig hoe sy absoluut déél is van elke klas – al is sy oud genoeg om haar klasmaats se ouma te wees. Dis ‘n merkwaardige prestasie deur ‘n merkwaardige vrou.”

 

Sing Your Way To LA!

Pre-book your tickets to the smash hit sequel, Pitch Perfect 2 and stand the chance of winning a Contiki trip for you and your bestie!

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.