Entertainment

Opwinding oor die heel eerste Coffee Extravaganza in Bloem

Opwinding oor die heel eerste Coffee Extravaganza in Bloem

Aandag, koffieliefhebbers!

Daar wag ‘n groot verrassing vir alle koffie entoesiaste hierdie Saterdag, 18 Augustus, in Bloemfontein.

Die eerste Coffee Extravaganza word by die Sun Windmill Casino aangebied vanaf 09h00 – 15h30.

Enige iemand wat ‘n koffieliefhebber is, sal hierdie baie geniet!

Die beste koffieroosters in Bloemfontein wat Stereo Café, Bloemfontein Coffee Roasting Co., Faba Coffee Roasters, Royal Roastery, Urban Brew Coffee, MH Coffee en Ciro insluit, sal hul produkte hier ten toon stel.

Vir die eerste keer sal daar ook ‘n barista kompetisie aangebied word.  Enige belangstellende barista (beginner of connoisseur) kan hul staal hier kom wys.  Daar is baie pryse  asook ‘n trofee op die spel.  Die barista’s gaan meeding om die beste melk- en Espresso basis drankies te vermeng.  Beoordelaars wat hul storie ken, van reg oor die land kom na Bloemfontein, om as beoordelaars op te tree hiervoor. Die koffiemasjien wat by die kompetisie gebruik gaan word, word geborg deur Alessandro Morrico wat verbonde is aan SCASA (die Suid-Afrikaanse Koffie Assosiasie).  Hierdie toestel is ‘n gesogde Black Eagle, 3-groep koffiemasjien, wat enige koffie entoesias se hart warmer sal laat klop.

Om 12h00 word daar ook ’n  baie interessante koffie-waarderingsessie deur James Kilbourn van Stereo Café aangebied.

Heerlike eetgoed asook ‘n kroeg word deur die Sun Windmill Casino bedryf vir die dag.

Skinkborde, unieke kombuisware en koffiebekers word deur die  plaaslike Suikerbossie en Famsa-tak aangebied.  Pragtige plaaslike vervaardigde banke asook brood en beskuit word deur Anchor of Rest en Bread for life verkoop.

Whisk Bakery het die heerlikste cupcakes en macarons te koop vir diegene met ‘n soettand.  Hulle verkoop ook lavender tee en ander tipe tee, wat buite die gewone spektrum val.

Daar is ook lekker kaas- en biltongprodukte asook Funky Ouma produkte te koop by Dana’s Delights en Spices & stuff.   Dana het ook die interessantse tee- en ander drankies te koop.

Toegang tot die Coffee Extravaganza is R40 pp en die toegangskaartjie dien as ‘n R40 afslagkoepon by Rosie’s Brasserie restaurant by die Windmill Casino.  Kaartjies is vooraf beskikbaar by Stereo Café, Bloemfontein Coffee Roasting Co., Urban Brew Coffee en Royal Roastery en sal ook op die dag by die deure beskikbaar wees by die konferensiesentrum by die Windmill Casino.

 

Kontak gerus die organiseerder, Marie-Louise Smith by 083 287 8845 of ml@zigzagcreations.co.za vir meer inligting.

 

Get It Bloemfontein November 2018


View magazine
 

Sing Your Way To LA!

Pre-book your tickets to the smash hit sequel, Pitch Perfect 2 and stand the chance of winning a Contiki trip for you and your bestie!

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.