Beauty

Julindi King is Bloem se nuwe juweel

Julindi King is Bloem se nuwe juweel

Julindi King is die koningin van juwele. As jy iemand soek om jou voorkoms te fynkam vir daardie perfekte balans van metaal, styl en kleur – klop gerus aan RockaBella se deur.

Jy kan Julindi deur ‘n ring trek – enige tyd van die dag. Op 35 en skaars ‘n jaar in Bloem lyk sy nie ‘n dag ouer
as 27 nie en leer sy die profi el van die gemiddelde Bloem-vrou elke dag ken. “Vandat ek kan onthou, was juwele nog altyd ‘n passie van my. Dit is só ‘n belangrike deel van ‘n vrou se uitrusting en as ‘n mens weet hoe om jou juwele reg
te dra, maak dit ‘n reuse-verskil aan jou voorkoms.”

Julindi besit die asemrowende juwelewinkel, RockaBella, by Prellerplein. Haar winkel is ‘n skamele vier maande oop
in die Rosestad en sy het haarself reeds in die stad se modekringe ingewikkel met haar warm persoonlikheid. Sy het tien jaar gelede die eerste RockaBella in Klerksdorp geopen, wat tans deur haar ma behartig word. Sy het egter onlangs besluit dat Bloem haar en haar twee skattige kinders se tuiste gaan word.

“Dis eintlik by my ma en my ouma wat my liefde vir juwele en skoonheid begin het. Ek onthou hoedat ek as kind vir ure lank met my ouma se juwele gekarring het. Dit was nog altyd vir my ‘n magiese wêreld.” Sy en haar ma het vir jare lank juwele van internasionale handelsname (soos Thomas Sabo en Nomination) van die huis af verkoop, en Julindi is later só toegegooi met bestellings dat sy in 2008 ‘n winkel in Klerksdorp geopen het.

Sy is opgewonde oor haar skuif na Bloemfontein en is veral gek na die vriendelikheid van diegene wat haar winkel besoek. “’n Mens maak die wonderlikste vriende. Bloemfontein is regtig ‘n wonderlike plek om te woon en werk.”

Julindi werk nou saam met klereontwerper, Anél Botha, en het al juweelstilering gedoen vir talle bekendes, insluitend Elma Postma, Karlien van Jaarsveld, Nadine en Melinda Bam. Sy leer vroue om die regte tipe juwele vir hulle gelaat, haarkleur, gesigvorm, oogkleur, ouderdom en stylvoorkeure te kies. En sy is glad nie kieskeurig oor die handelsnaam of duursaamheid van juwele nie – sy is nie ‘n “snob” nie, beaam sy met ‘n glimlag. “Niemand sê jy móét Thomas Sabo saam met Thomas Sabo dra, of Nomination saam met Nomination nie. Jy kan meng en pas totdat jy gelukkig is met hoe dit lyk. Dis ‘n kreatiewe proses, en ‘n mens moet pret daarmee kan hê.”
Sy vat aan haar prettige tossel-oorbelle… “Hierdie is by Lovisa gekoop… Mr Price het ook mooi juwele.”

Sy vertel van die laag-op-laag-neiging van ringe, armbande en hangertjies wat absoluut asemrowend kan wees
as jy dit reg doen. Sy help vroue om die regte mengelmoes en lengtes van die hangertjies bymekaar te bring. “’n Mens hoef ook nie slegs nuwe juwele bymekaar te dra vir ‘n luukse voorkoms nie. Ek hou daarvan om nuwe lewe in ou
juweelstukke te blaas.”

Julindi het ook al skouers geskuur met die ontwerper, Thomas Sabo, tydens ‘n glansgeleentheid in Duitsland, asook
die hoofontwerper van die Nominationreeks. Sy wys foto’s op haar foon van dié spoggerige aff êre waarheen sy eksklusief uitgenooi was. Haar winkel in Klerksdorp is aangewys as die beste verkoper van Thomas Sabo in Suid-Afrika, en sy het selfs al meer Thomas Sabo-juwele per maand verkoop as van die eksklusiewe Thomas Sabo-winkels in Duitsland.

RockaBella hou ook ‘n reeks luukse handsakke en beursies van die internasionale handelsnaam, Michelangelo, aan. Haar winkel is ‘n lus vir die oog. Die donkergroen mure en mosterdgeel fl uweelbanke vertel iets van haar kreatiwiteit, maar haar warm glimlag en vriendelike personeel laat dit soos jou ouma se huis voel – warm, mooi en
onvergeetlik.

 

Foto’s: Liezl Magson

 

Get It Bloemfontein November 2018


View magazine
 

Sing Your Way To LA!

Pre-book your tickets to the smash hit sequel, Pitch Perfect 2 and stand the chance of winning a Contiki trip for you and your bestie!

is a national brand of premium free magazines available in centres across the country.

Click here


to see other Get It magazines in the network.